daat ongevalle wat op see voorgekom het, kon behandel. Hierdie ongevalle word beskryf as „fracturen dislocatiën, geschoten wonden, contusiën, verbrandtheijt, gangrenatiën ofte diergelijcke".25> Vir 'n jong man wat ywerig wou werk, was daar in Van Riebeeck se dat groot moontlikhe- de en ruime perspektiewe. Dit is wel waar: vir 'n belangrike posisie in die eie land was die feit dat hy geen geld en geen opleiding aan 'n universiteit gehad het nie 'n struikelblok. Culemborg en Schiedam was egter deur 'n netwerk van riviere verbind met die see en die groot oseane wat die Nederlanders sedert die einde van die 16de eeu bevaar het. Ongetwy- feld het Van Riebeeck se vader hom vertel hoe sy neef, Antonio van Diemen, omstreeks drie maande voor sy geboorte as adelbors na die Ooste gegaan het. Moontlik het hy Van Diemen in 1631toe hy 12 jaar oud was, ontmoet en verhale gehoor oor die skoonheid en bekoring van die Ooste.26) Hy was toe nog te jonk om met die vloot saam te gaan waarmee Antonio van Diemen na Batavia teruggekeer het. Sy oom Gerrit van Ham en ander familielede en Culemborgers het egter wel saam met Van Diemen na Oos-lndië gevaar. 27) Wanneer Jan die letters VOC op viae en handelsware gesien het, het hy geweet dat dit die kenteken was van die magtige maatskappy bekend as die Generale Verenighde Nederland- sche g'octroieerde Oostindische Compagnie. Sy vader kon hom vertel dat die skepe wat onder daardie vlag gevaar het, die eiendom van 'n aantal baie ryk handelaars was wat in 1602 toestemming gekry het om alleenhandel te dryf met die hele gebied ten ooste van die Kaap die Goeie Hoop tot by die straat van Magellaan.28) In die nabygeleë Delfshaven kon Van Riebeeck sien hoe 'n skip gereed gemaak is om na die Ooste te vaar en het hy die matrose hoor praat van die Kamer van Delft en die Kamer van Amsterdam. Daar was altesame ses kamers, het sy vader hom vertel.29* 'n Kamer was 'n ander naam vir 'n kollege van direkteure. Altesame was daar sestig direkteure en ses kolleges of bestuursliggame. Die grootste en rykste kamer was dié van Amsterdam met meer as die helfte van die kapitaal. Dan was daar die Kamer van Seeland wat in Middel burg sitting gehou het, met effens meer as 'n derde van die kapitaal wat Amsterdam belê het. Die ander kamers, Enkhuizen en Hoorn in die noorde en Delft en Rotterdam in die suide, was baie kleiner. Om so'n handelsonderneming doeltreffend te beheer, is reeds in 1602 besluit dat daar 'n bewind voeren de kollege moet wees waarin afgevaardigdes van al die kamers sitting moet hê. Hierdie liggame het uit 17 lede bestaan en is daarom kortweg Here XVII genoem, ook 251 M. A van Andel: Chirurgijns, Vrije Meesters, Beunhazen en Kwakzalvers, pp. 107-108. 26M. A. van Rhede van der Kloot: Nederlandsch-Indië, pp. 46-48. Van Diemen was van Oktober 1631 tot April 1632 in Nederland. 271 P. J. W. Beitjes Culemborgers overzee, p. 13. Volgens Solonon Sweers het Van Ham in 1633 na die Ooste gevaar. Kyk „De Carrière van Jan van Riebeeck" deur prof. dr. W. Ph. Coolhaas in Historia, Maart 1966, p. 30. Vgl. ook p. 31 van dieselfde artikel waar die ander verwante en vriende wat saam met Van Diemen gereis het, genoem word. 28) C. Cau Groot Placaet-Boeck, deel I, pp. 529-538. 29' Vgl. dr. F. W. Stapel: Geschiedenis van Nederlandsch-Indië, pp. 43-48. 47

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Scyedam | 2002 | | pagina 11