bekend as die Bewindhebbers. Agt van die lede was uit Amsterdam afkomstig, vier uit Middelburg en een elk uit die vier orige stede. Die sewentiende lid is beurtelings deur die kamers behalwe deur die Kamer van Amsterdam gekies, sodat laasgenoemde kamer alleen nooit die meerderheid kon hê nie.30) Daar is ook met ontsag gepraat oor die mag wat hierdie sewentien direkteure van die State-Generaal gekry het. In die Ooste kon hulle namens die VOC kontrakte sluit met konings en heersers van Oosterse gebiede, en hulle was geregtig om forte en vestings te bou en om oorlog te maak indien hulle dit nodig mog ag, en om verdrae te onderteken. Daarom het hulle behalwe amptenare ook soldate in hul diens gehad en was die gamisoen met sy offisiere 'n belangrike afdeling van elke handels pos. Daarbenewens het die goewemeurs en kommandeurs van die buiteposte amptenare aangestel as „officieren van justitie". In die kleiner poste, soos later aan die Kaap, het hierdie lede van die Raad van Justisie geen regsopleiding gehad nie, maar hulle het wel boeke geraadpleeg waarin die Romeins-Hollandse reg uiteengesit is.3" Die bykans onbe perkte mag wat die State-Generaal aan die Bewindhebbers van die VOC geskenk het, is in Nederland deur Here XVII en in Batavia deur die goewemeur-generaal en die Raad van Indië uitgeoefen. In die Artikelbrief of reglement vir die onderdane van die VOC, wat telkens weer aan alle amptenare voorgelees is, word hulle gemaan om „de Bewinthebberen van de Generale Nederlands Oost-Indische Compagnie mitsgaders den Gouverneur- Generaal over d' oost Indiën ghestelt" te gehoorsaam en getrou te bly aan hulle.32' Die kommandeur aan die Kaap moes dus later ook die bevele van die owerheid in Batavia uitvoer. Indien Here XVII nie tevrede was met die opdragte of bestuur van die goewemeurgeneraal nie, kon hulle hom ontslaan, net soos hy op sy beurt amptenare wat in die Ooste onder hom gewerk het, van hul poste kon onthef. Sulke amptenare kon hulle dan egter op die gesag van Here XVII beroep om in hul eerherstel te word. Al hierdie dinge het Van Riebeeck geweet toe hy sy dienste aangebied het by die Kamer van Delft, wat hom in 1639 as onderchirurgyn aangestel het. Tot zover deze tekst in het Zuidafrikaans. 301 Baie werke is oor die ontstaan en opkoms van die VOC geskryf. 'n Goeie oorsig word gegee deur dr. W. Ph. Coolhaas in A critical survey of studies on Dutch Colonial history. Sien verder die vierde hoofstuk in deel VI van De Algemene Geschiedenis der Nederlanden. Ook The Dutch Seaborne Empire 1600-1800 deur C. R. Boxer, en The Cradle of Colonialism deur George Masselman. 3I Aan die Kaap het Roeloffde Man, wat in 1663 oorlede is, J. Damhouder se Civiele en Crimimele Regt, die Keijserlijcke Wetten en 'n Corpus Juris in Duits besit. Sien nr. 311 van Transport en Schepenkennis 1663-1665 in die Aktekantoor. De Man was reeds vanaf 6 April 1654 sekretaris van die Politieke Raad. Comelis Cau -.Groot Placaet-Boeck, deel II, Artyckel-Brief, 19 September 1650, kolomme 1315 en 1316. 48 32)

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Scyedam | 2002 | | pagina 12