van Riebeeck, in Schiedam na die graf gedra word. Op 10 November 1629 staan in die kerkmeestersrekeningboek opgeteken dat „Mr. Anthony, chirurgijn" 'n graf in die kerk gehuur het vir 9 gulden en dat die kerkklokke op daardie dag 'n tyd lank gelui het. Sy vrou is op 7 November oorlede.8> Na sy vrou se dood het Mr. Anthony van Riebeeck in Schiedam bly woon, soos blyk uit 'n dokument waarin hy as „eenich ende universeel erfgenaam" van sy broer Pieter van Riebeeck aangewys word.9) Hierdie erfenis het hom 600 Carolus gulden in die sak ge- bring. Daarmee het hy op 7 September 1630 die huis en erf van die weduwee Berber Jansz gekoop. Die koopprys van 700 Carolus gulden kon gedeeltelik betaal word. Die huis was gelee in die Lange Kerkstraat, „streckende voor aan de straat tot achter aan de Baan- sloot"10) As bure word Jan Maertensz en die weduwee van Gerrit Jacobsse genoem. Jan was tien en Geertruyd ses jaar oud toe hul moeder oorlede is, maar nadat hul vader met Elsgen Burgers hertrou en 'n huis gekoop het, is hulle weer deur 'n moeder versorg; ook toe vader Anthony in Mei 1632 diens aanvaar het in die regiment van kol. Charles Mor gan. Hierdie Skotse krygsman was van 1632 tot 1642 goewemeur van Bergen-op-Zoom, sodat Anthony hom, nadat hy diens aanvaar het, na Bergen-op-Zoom begeef het. Uit die dokument waarin melding van hierdie feit gemaak word, blyk verder dat hy van die kwartiermeester van die regiment, Southcot Weymouth, die som van 100 Carolus gulden geleen het met belofte dat hy die bedrag na 'n jaar terug sou betaal. Die rente wat hy moes betaal, het 62/3 persent beloop, terwyl sy huis in die Lange Kerkstraat as onderpand ge- noem word.u> Dat Anthony van Riebeeck dit moeilik gevind het om sy skulde te betaal en sy gesin te onderhou, word bewys deur 'n ander akte wat hy op 14 Maart 1633 in die teenwoordigheid van die schepene Joosten Comelisse en Seger Marten se aangegaan het. Daaruit blyk dat hy 104 Carolus gulden moes leen van Joris Ariensse Banck. Die rentekoers is vasgestel op die sestiende penning, wat gelykstaan aan 62/3 persent. Die datum van terugbetaling is nie bepaal nie, maar rente moes betaal word vanaf 4 Desember 1632. Weer was die huis in die Lange Kerkstraat die onderpand vir die transaksie. I2) Dat Jan en Geertruyd 'n deeglike opleiding ontvang het, blyk uit hul handskrif en veral uit Jan se wye belangstelling en deeglike taalgebruik. Schiedam was 'n opwindende stad om in te woon. In die hawe aan die Maas het skepe uit alle lande voor anker kom lê, het skippers en matrose vreemde tale gepraat en kon Jan van Riebeeck sien hoe produkte uit verre lande afgelaai word wat sy belangstelling geprikkel het. Daar was speserye wat 8) Gemeente-archief, Schiedam, Kerkmeestersrekening, 1629-1630, nr. 632, p. 79. 9) Ibid., Notarieel Archief, 24 Junie 1630, inv. nr. 755, fol. 33. 10) Oud-rechterlijk archief, 7 September 1630, inv. nr. 338, fol. 253, verso en 254 recto. Die oorspronklike huis is gesloop, maar by nr. 36 in hierdie straat wys 'n gedenkplaat op die feit dat Jan van Riebeeck hier gewoon het. (Noot: dit huis is inmiddels ook gesloopt en de steen bevindt zich thans in de gevel van het zogenoemde ABC-complex J.H.P1.) Ibid., 13 Mei 1632, inv. nr. 339, fol. 65 versoen 66. '2' Ibid., 14 Maart 1633, inv. nr. 339, fol. 116 verso. 43

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Scyedam | 2002 | | pagina 7