heerlik geruik het, en veelkleurige stowwe. Peper en suiker was van verre lande afkomstig, en hy het gehoor hoe reisigers vertel watter skitterende edelstene die Oosterse lande opgelewer het, en hoe goud, silwer, koper en tin deur die klein skepe oor wye oseane na sy land gebring is.13) In 1635, toe Jan sestien jaar oud was, het sy vader sy verbintenis met die regiment van kolonel Morgan verbreek en as skeepschirurgyn na die Weslndiese Eilande gevaar. Hoewel daar tot nog toe geen dokumentère bewyse gevind kan word dat Jan van Riebeeck hierdie reise saam met sy vader onderneem het nie, is daar omstandigheidsgetuienis wat sterk in hierdie rigting dui. Aangesien sy naam nie in die lyste van die leerlingchirurgyns in die boeke van die gildes gevind word nie, is dit 'n redelike veronderstelling dat hy deur sy vader opgelei is. Dan het hy hoogs waarskynlik saam met sy vader die reise na Groen land en die Wes-Indiese Eilande onderneem toe hy 'n seun van sewentien, agttien jaar oud was. Dokumentère bewyse dat hy saam met sy vader hierdie reise onderneem het, is ewenwel nog nie gevind nie.,4) Gedurende die reis na Spitsbergen het Meester Anthony in diens van die „Noordsche Compagnie" gestaan, 'n Verklaring wat hy agt weke na sy terugkeer in Schiedam afgelê het, verstrek enkele besonderhede oor wat tydens dié reis gebeur het.l5) In die akte wat hy op 2 Oktober 1636 onderteken het, verklaar Mr. Anthony dat ene Comelis Arentsz Bont in kwaaivriendskap geleef het met Claes Abrams. Op 'n dag, toe hulle weer besig was om te veg, het Jorisz Davitsz geprobeer om hulle te skei. Bont het woedend geword en Davitsz ook met sy mes bygedam en uit selfVerdediging het Davitsz, wat 'n graaf in sy hande gehad het, Bont daarmee teen die kop gestamp. Meester Anthony is toe gevra om die wond skoon te maak en te verbind. In sy verklaring sê hy dat hy die pasiënt „volcoment- lijck heeft genesen en gecureert".I6) Later het Bont egter skeurbuik gekry en koue vuur in sy bene, en is hy oorlede. Na Bont se dood is Davitsz van manslag aangekla, maar Mr. Anthony se verklaring was 'n duidelike bewys van Davitsz se onskuld, en toon tevens aan dat Mr. Anthony vroeg in Augustus 1636 van sy reis na Spitsbergen in Groenland na Schiedam teruggekeer het, waar hy die verklaring onderteken het. Uit 'n ander dokument blyk dat Anthony van Riebeeck in 1637 op 'n reis na Wes-Indië was. Die akte is op 16 Mei 1637 onderteken en begin met die mededeling dat „Elsgen Burgers huysvrouwe van Mr. Anthony Riebeeck wesende jegenwoordig op die reijse naer Westindiën, die huis in die Lange Kerkstraat as prokurasiehoudster en gevolmagtigde van haar man verkoop het aan Jan Jansz van Nieuwveen.,7) ,3> C. de Jong: ..Jan van Riebeeck in Schiedam" in HistoriaJunie 1973, pp. 108-111. Ook Kristof Glamann Dutch Asiatic Trade 1620-1740, passim. Vgl. Artikel van Mr. W. J. van Hoboken: „Jan van Riebeeck's Amsterdamse Jaren", in Amstelodamum, Maart 1652, pp. 33-36 en p. 110. Tewens kan aangevoer word dat indien Van Riebeeck hierdie reise na 1648 onderneem het, hy dit in sy dagboek sou vermeld het. 15) Gemeente-archief Schiedam, Oud-rechterlijk Archief, nr. 578, pp. 339-340. 161 Ibid., p. 340. '7) Gemeente-archief, Schiedam, Oud-rechterlijk Archief. 16 Mei 1637, nr. 340, tol. 142 verso. 44 14)

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Scyedam | 2002 | | pagina 8