Volgens familie-oorlewering - en Godée Molsbergen waarsku tereg dat 'n mens versigtig moet wees met familie-oorleweringe wat deur geen verdere bewyse gestaaf word nie - is Van Riebeeck se vader op die volgende reis oorlede en lê hy begrawe op Pemambuco, waar hy op 1 Mei 1639, waarskynlik aan die gevolge van 'n tropiese siekte, beswyk het. 18) Dat Van Riebeeck se vader gedurende sy loopbaan as chirurgyn in Culemborg, Schiedam en Bergen-op-Zoom en later as skeepschirurgyn, nie ryk geword het nie, blyk uit 'n doku- ment wat op 17 September 1648 in Schiedam onderteken is. Daarin verklaar Alida Wil- lems en Jannetje Morgan dat die skuld en rente op 100 gulden wat Anthony van Riebeeck voor sy vertrek van die kwartiermeester Weymouth geleen het, nog nie vereffen was nie. Skuldeiser en skuldenaar was toe albei reeds oorlede, maar Jannetje Morgan getuig dat die kwartiermeester voor sy vertrek aan haar gesê het: „lek heb hem, gedenoteerde Van Riebeecq, de voorsz 100 gulden gegeven ende ick gae naer het leger toe soo wanneer ick wederom gecomen sal sijn, sal ick sien of ick het voorsz huys huyren, ende blijve ick, soo schelt ick hem deselve quijt, ende wil daer niet van hebben, want het is een pover man, of diergelijcke woorden.19) Aangesien die kwartiermeester nie van die oorlog teruggekom het nie, maar tydens die beleg van Maastricht gesneuwel het, het die boedelberedderaar, na hierdie getuienis van Jannetje Morgan, Anthony se weduwe onthef van die skuld, aangesien sy in armoedige omstandighede agtergelaat is.20' Hoewel die huis waar die gesin gewoon het in 1899 gesloop is, staar in die geweisteen van die nuwe woning wat op die perseel gebou is, vermeld dat die „grondlegger van de Kaapkolonie" van 1630 tot 1637 op hierdie plek gewoon het.21' In 1912 het Godée Molsbergen Van Riebeeck se jongelingsjare soos volg beskryf „Als elfjarige knaap moest Jan reeds moederlike leiding missen en hoogstwaarschijnlik bleef hij bij grootvader in huis, kreeg het schoolonderricht dier dagen en diende zijn leerjaren uit, in de const der chirurgie bij de een of andere meester in dat vak evenals zijn tijdgenoot Nicolaus de Graaff. Dat hij met zijn vader zeereizen zou hebben gemaakt, berust op louter gissing."22' Party biograwe het later die „hoogstwaarschijnlik" weg gelaat en sonder meer '8| Algemeen Rijksarchief, 's-Gravenhage, Collectie Van Hoorn - Van Riebeeck, inv. nr. 22. Fotostate van hierdie versameling kan in die Kaapse Argief geraadpleeg word onder Aanwinste nr. 1353. Gemeente-archief, Schiedam, Oud-rechterlijk Archief, inv. nr. 770, PP. 93-94, 17 September 1648. Die kwartiermeester het dus volgens J. Morgan gesé „Ek het hom, genoemde Van Riebeeck, die betrokke 100 gulden gegee en ek gaan leër toe. As ek terugkom, sal ek sien of ek die huis (wat as onderpand gesê was) sal huur, of as ek nie terugkom nie, skeld el; hom die skuld kwyt, want hy is 'n arm man." Die toevoeging „of diergelijke woorden" beteken dat J. Morgan geen letterlike weergave van die kwartiermeester se voorde gee nie, maar slegs die betekenis weergee van wat hy voor sy vertrek gesê het. 20' Kaapse Argief, Aanwinste 1362 (II), rapport van Mr. Beltjies deur Argivale bronne gestaaf, p. 7. 21Ibid. Vgl. ook artikel in Historia, Junie 1973, pp. 108-111. 221 E. C. Godée Molsbergen De stichter van Hollands Zuid-Afrika Jan van Riebeeck, p. 7. 45

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Scyedam | 2002 | | pagina 9