SUID-AFRIKA Geweldige NIEUWS 10 k—7uid-Afrika, oorwegend landbouland tot 'n korte sewentig jaar gelede, is vandag die industriële werks- winkel van die ontsaglike Afrikaanse vasteland. Ek en ander mense van my leeftyd was bevoorreg om hierdie allesmeesleurende vreedsame revolusie gade te slaan - die oorgang van 'n oorwegend landbou- en mynbouland tot potensieel een van die grootste nywerheidslande ter wereld. Syfers is altyd vervelend, mapx dit is tog nodig om enkele statistiese gegewens aan te haal om die om vang van hierdie omwenteling toe te lig. Toe die Unie van Suid-Afrika in 1910 gestig is, was die waar de van landbouproduksie byna net so veel as dié van minerale en die sekondêre nywerhede tesame. Eers- genoemde was ongeveer fl. 550 miljoen, dié van minerale ongeveer fl. 400 miljoen en laasgenoemde ongeveer fl. 170 miljoen. In 1939 was die onderskeie waardes in dieselfde volgorde: fl. 650 miljoen, fl. 660 miljoen en fl. 2000 miljoen. Verlede jaar was die produksiesyfers: landbou fl. 3400 miljoen ('n toename van 500 persent); mynbou fl. 3000 miljoen ('n toename van 450 persent) en sekondêre nywerhede fl. 15000 miljoen ('n toename van bijna 750 persent). Vanjaar sal 20,000 fabrieke na verwagting goedere ter waarde van fl. 16000 mil joen vervaardig - 'n vermeerdering van fl. 1000 mil joen in een enkele jaar! Soos duidelik uit bostaande syfers blyk, het die groot ste ontwikkeling gedurende en na die Tweede We reldoorlog plaasgevind. Dit is ook heel begryplik. Suid-Afrika moes noodgedwonge sy eie fabrieksgoe- dere begin maak ten gevolge van toevoermoeilikhede gedurende die oorlog, 'n Groot aantal skepe is naam- lik om die Suid-Afrikaanse kus gekelder. In 1939 was daar nog maar 10000 fabrieke wat goedere ter waarde van fl. 2000 miljoen gefabriseer het. In 1945, aan die end van die oorlog, was daar nog geen 11,000 fabrieke nie, maar die waarde van produksie het toe alreeds gestyg tot fl. 3750 miljoen. Die toepassing van invoerbeheer in 1949 waardeur die invoer van luukseartikels aan bande gelê is, het die fabriekswese natuurlik ook 'n groot stoot vooruit gegee. Ek kan onmoontlik nie in die bestek van so 'n kort artikeltjie reg laat geskied aan elke vertakking van die sekondêre nywerheid in Suid-Afrika nie, maar ek kan dit miskien kortliks so opsom: Daar is haas geen verbruikersgoedere wat vandag nie in Suid- Afrika gemaak word nie. Trouens, die Unie het al vir homself groot uitvoermarkte sedert die oorlog opgebou. Die meeste van die Unie se uitvoergoedere gaan na Wes Europa (veral Brittanje) en die vaste land van Afrika. In 1957 is goedere ter waarde van fl. 4500 miljoen uitgevoer. (Goud is hierby nie in- gesluit nie.) Ten spyte van die wedywering van gevestigde nywer heidslande het Suid-Afrika verlede jaar daarin geslaag om selfs masjinerie ter waarde van meer as fl. 115 miljoen uit te voer. Die grootste enkele simbool van hierdie nywerheids- omwenteling in Suid-Afrika is waarskynlik die Suid- Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie- Sasol. Dit is die wêreld se grootste enkele fabriek wat pe troleum uit steenkool maak. Byna fl. 500 miljoen is reeds in die onderneming belê wat na verwagting on geveer 71 miljoen gellings per jaar sal produseer wanneer dit in volle produksie is. Hierby is ingesluit 55 miljoen gellings petrol, dieselolies, petroleumgas en groot hoeveelhede chemiese neweprodukte. Verlede jaar is reeds 20 miljoen gellings petrol geproduseer en in die eerste helfte van vanjaar ongeveer 15 mil joen gellings. Geoloë beweer dat olie nooit in ekonomiese hoeveel hede in Suid-Afrika gevind sal word nie. Daaren- teen het die land onuitputlike steenkoolbronne. 'n Konserwatiewe beraming van die bekende bronne se inhoud is ongeveer 75,000 miljoen ton. Sasol het ook sommer sy eie steenkoolmyn in sy eie agter- plaas. Tans word 7,600 ton steenkool per dag deur Sasol gebruik. Nogtans word bereken dat die myn 140 jaar sal hou! Op nywerheidsgebied word so dikwels aan die Unie maar net gedink in terme van goud en diamante - en maar net onlangs van uraan. Dit is egter nie alge meen bekend dat Suid-Afrika 'n groter verskeiden- heid van minerale rykdomme het as die meeste ander lande nie. Dit is myns insiens die bes moontlike basis vir die geweldige nywerheidsontwikkeling. Daar is haas geen mineraal wat nie in Suid-Afrika aangetref en ontgin word nie.

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Wilton Fijenoord Nieuws | 1958 | | pagina 12