filïlll» 13 (fö) NIEUWS legging van fl. 500,000 en 'n diepte van 300 meter as 'n groot prestasie beskou. Omtrent 'n jaar gelede is met die ontwikkeling begin van die Unie se diep ste en duurste goudmyn. Hierdie myn sal fl. 200 mil joen gedurende die volgende ses jaar kos en sal fl. 8000 miljoen se goud oor die volgende sestig jaar voortbreng. Die diepte? 3,750 meter! Die seëninge van die goudmynbedryf word egter nie net bereken in die intrinsieke waarde van die produk nie. Dit kan sonder meer ook gekonstateer word dat die ontginning van uraan in Suid-Afrika ekonomies onmoontlik sou gewees het as dit nie was vir die goudmynbedryf nie. Uraan word naamlik as 'n newe- produk van goud ontgin. Die inhoud van die uraan- erts is so laag dat dit ekonomies nie lonend sou wees om dit alleen te ontgin nie. Die Unie het die om- vangrykste reserwes van uraanerts ter wêreld - sy grootste troefkaart in die atoomeeu. Die neerslag is op 1,100 miljoen geskat. Kragtens kontrakte tussen en die Unie se Atoomkrag- raad en die Combined Development Agency verdien gewaarborgde verkope van uraanerts vir die land minstens fl. 500 miljoen elke jaar aan buitelandse valuta. Twee jaar gelede was die waarde van die Unie se uraanuitvoer slegs fl. 360 miljoen. Tien jaar gelede was die nywerheid weinig meer as 'n droom. IFoningbou vir die werknemers van Sasol in die Vrystaat.

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Wilton Fijenoord Nieuws | 1958 | | pagina 15