14 Van bowe naar benede: 'n Hoekie van Sasol se Ammonium Sulfaatfabriek. Ammoniak word hier gehaal uit gaswaters wat 'n neweproduk is van steenkoolvergassingen word omgesit in Ammonium Sulfaat, waarvan Sasol 50.000 ton jaarliks sal produseer. Goudproduksie verlede jaar 2,150 miljoen werd. Dit is tipiese bo-gronse installasies op 'n goudmyn. S.A. is groot produsent van tekstielgoedere. Een van wereld se vier grootste produsente van wol. S.A. is elfde grootste visprodusent ter wereld. Vis it ywerheid veral gekonsentreer langs Weskus, waar hierdie foto geneem is. Skubbe word van vis gehaal voordat dit ingemaak word. Wat hou die toekoms vir Suid-Afrika in. Dit is die oorwoë mening van vooraanstaande deskundiges dat die land se rooskleurige nywerheidstoekoms geen paal of perke sal ken nie, op voorwaarde dat vol doende kapitaal en arbeidskragte altyd beskikbaar sal wees. Te oordeel na die snel ontwikkelende spaarsin van die bevolking van Suid-Afrika en die vertroue wat die buitelandse belegger tot dusver in die Unie ge- toon het, bestaan daar, menslik gesproke, geen rede waarom daar nie in die eerste vereiste - voldoende kapitaal - altyd voorsien sal wees nie. Daar is bere ken dat die Britse belegger alleen reeds meer as fl. 5000 miljoen sedert die oorlog in die Unie belê het. Amerikaners het reeds meer as 100 miljoen dol lars gebring. Beleggers en nyweraars van baie ander Europese lande - ook Nederland - het hulle sedert die oorlog ook sterk tot die Unie as beleggingsveld aangetrokke gevoel. Die Wêreldbank het reeds meer geld in die Unie belê as in enige ander land op die Afrikaanse vasteland. Van die organisasie het die Unie reeds meer as 185 miljoen dollars in sewe lenings ontvang. Die sewende lening van 25 miljoen dollars is pas enkele dae gelede toegestaan. Intussen spaar die gewone man in die straat in die Unie elke jaar meer. Gedurende die afgelope paar jaar toe daar ten gevolge van 'n natuurlike konso- lidasieproses 'n verslapping in die nywerheidsont- wikkeling van die land ingetree het, was die Unie in staat om vir 97 persent in sy eie kapitaalbehoeftes

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Wilton Fijenoord Nieuws | 1958 | | pagina 16