15 Van bowe naar benede: Sasol, by Sasol burg in Vrystaat, wêreld se grootste fabriek wat petrol uit steenkool maak. Sasol se suurstoffabriek - die grootste in die wêreld - waar 1800 ton suurstof daagliks vervaardig word vir die vergassing van steenkool. 'n Groot muurkalkmeule aan die werk by 'n Natalse fabriek. Staalproduksie vandag 1,500.000 ton per jaar. te voorsien - deur middel van die gemobiliseerde spaargeld van die bevolking. Vandag spaar die Unie omtrent fl. 4000 miljoen per jaar in vergelyking met die gemiddelde van ongeveer fl. 800 miljoen in die jare voor die oorlog. Die ander vereiste - geskoolde vaklui - is 'n veel moeiliker probleem. Daar is en was nog steeds 'n ny- pende tekort aan die regte soort geskoolde vakman in Suid-Afrika. Vandaar dat die lone van geskoolde vakmanne in sekere beroepe in die Unie die hoogste in die wêreld is. Natuurlike hulpbronne sal nooit enige probleem op- lewer nie, met die uitsondering miskien van water. Water is skaars in Suid-Afrika en is miskien die kos- baarste van alle hulpbronne. Suid-Afrika se netto nasionale inkome bedra vandag ongeveer fl. 16000 miljoen. Die jongste voorspelling dui daarop dat hierdie bedrag binne die volgende tien jaar tot fl. 20000 miljoen opgestoot sal word. Daar is ook bereken dat die totale waarde van ny- werheidsproduksie wat vandag ongeveer fl. 16000 miljoen per jaar beloop oor 'n kwarteeu fl. 25000 miljoen sal bedra. Ek vertrou dat ek u in hierdie kort artikeltjie 'n oor- sigtelike beeld kon gee van die lang pad na ekono- miese selfstandigheid en krag wat die Unie in so'n kort tyd bewandel het. Suid-Afrika se bevolking - blank sowel as nie-blank - sien die toekoms met groot vertroue tegemoet. Dr. F. E. Geldenhuys, Suid-Afrikaanse Ambassadeur in Nederland.

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Wilton Fijenoord Nieuws | 1958 | | pagina 17