EEN B AI E BELANGRIK STORM Baie, baie lank gelede, toe skepe nog van hout gebou is, was Holland, die klein landjie an die Noordsee, een van die rijkste lande in die hele wereld. In Holland se Goue Eeu het Hollandse mans die seë bevaar van Holland af om Kaappunt na die fabelagtig rijke Indië. En toe, in 1647 gebeur daar iets, op die oog iets onbelangriks, maar dit sou baie belangriks word vir die geskiedenis van Suid-Afrika. 'n Hollands-Oos-Indiese skip „Die Haarlem" is deur 'n swaar storm oorval. In daardie dae kon die skepe nie so maklik 'n storm trotseer .nie. Die skip strand op 'n sandbank. Die manne besluit die kostbare lading aan wal te bring. Toe bou die seelui 'n fort waarin hulle alles opgeberg het. Daarna was dit maar net wag, en wag, totdat oë 'n jaar 12 Hollandse skepe Tafelbaai binnegeseil het. Op die dek van één van daardie skepe het JAN VAN RIEBEECK gestaan. Die Kaap met sij Tafelberg het 'n diep indruk op hem gemaak. Die Hoë Menere van die Oos-Indiese Maatskappij in Holland was ook onder de indruk van wat gebeur het. Dis die één vergadering op die ander en op die end besluit Hulle, die Kaap sal een halfwegstasie word vir dir skepe op reis naar Indië en terug. En JAN VAN RIEBEECK word aan- gestel as Koopman en Opperhoof. Op 7 April 1652 het JAN VAN RIEBEECK die Hollandse vlag geplant op Suid-Afrikaanse bodem. Nie hij of iemand anders het toe kon raai hoe groot daardie boom nog sou word nie. Wie sou toe ooit ken dink dat Kaapstad n wereldstad sou word met sij duisende inwoners, wat werk 45

Gemeentearchief Schiedam - Krantenkijker

Het Zeskant | 1952 | | pagina 25